it is finished

9 April 2021

tattoo comes from the Polynesian words ‘tatau’ or ‘tatu’ meaning ‘mark made on the skin’

Dit was ‘n besluit.

Iets wat ek my voorgeneem het om te doen nadat ek my nier geskenk het.

it is finished… ‘n Tattoo op my voorarm om my te herhinner dat ek niks meer het om te gee behalwe liefde, tyd en aandag nie.

Verlede week vertrek ek oudergewoonte na ‘n stil plek om die paasnaweek naby aan God deur te bring. Daar aangekom kry ek nie my lê nie. Alles binne my is onrustig. Ek kyk na die mooi omgewing maar niks vind aanklank nie. Vrydagnag is ongenadig. Uit radeloosheid blaai ek deur my joernaal, lees al die inskrywings en skryf in groot letters: “Môre gaan ek huis toe”

Saterdag oggend kyk ek na die son wat opkom en probeer myself oorreed om te bly.

Twee ure later is my kar gepak en is ek op pad huis toe.

Iewers op die pad voel dit asof die Here vir my sê: “Jy hoef nie meer weg te gaan om my teenwoordigheid in stilte te gaan ervaar nie.”

Ek besef die seisoen vir retreat is ook nou verby.

Ek gaan haal my huis se sleutels by Charlotte en net voor ek ry sê sy vir my:

“Vanoggend het ek ‘n boodskap gekry om vir ma te sê…

So, die Here weet dat ma alleen wil wees en Hy verstaan dit en dis amper asof Hy sê Hy respekteer dit… en Hy weet dít van ma soos n eie kamer en apart en so… maar Hy wil net vir ma sê ma moet net gou stop en afkyk na ma se arm en onthou dat Hy nie deel wil wees van dít wat ma uitsluit nie. En, Hy mis ma. En hierdie Paastyd wat nou aan die gang is, met dít wat met Hom gebeur het, en wat ookal met ma gebeur, dit is julle tyd en dis vir Hom super spesiaal.Kyk af na ma se arm, dis julle tyd… en van nou af ook vorentoe… Paasfees is julle tyd. So, Hy mis ma en Hy wil hê ma moet dit saam met Hom spandeer.

Verlede jaar op my verjaarsdag het Charlotte die woorde op ‘n papiertjie gedruk en my gestuur om dit in henna op my arm te laat skryf.

Ma is in die pylvak, het sy gesê… kyk of ma van ‘n tattoo sal hou.

Vanaand lê ek met Isabelle snoesig langs my. Haar handjie op my arm.

Eendag sal ek haar vertel.

Die storie van ouma se tattoo.

John 19:28 & 30

“Completed / finished / accomplished” in verses 28 and 30 is the related verb teleō, “to complete an activity or process, bring to an end, finish, complete something.” With regard to time, it means, “come to an end, be over”

Share

5 thoughts on “it is finished”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.