die wonderwerker

29 Desember 2020

my kop draai nog in die rondte
ek kan nie die omvang van wat gebeur het beskryf nie
as ek my joernaal oopmaak en my pen optel
slaan die woorde toe
ek wil vir nou eers net hier bly
hier
in die Hande van die Wonderwerker

26 Desember 2020
ek het haar drie-en-twintig dae laas in lewende lywe gesien
ek sanitize
hou my asem op
loop stadig deur haar steriele, veilige voordeur
sy loop reg in my arms in
“ma is in my, deel van my, ons is veilig”

ons sit ver uitmekaar
sy vertel haar storie
jakaranda hospitaal ervaring

ek vertel my storie
urologie hospitaal ervaring

ons bou ons legkaart
soek-soek na verlore stukkies

probeer sin maak
praat oor die onseker
die bang
en uiteindelik die W-O-N-D-E-R-W-E-R-K

ek verkyk myself aan haar
pienk wangetjies
helder blou oë
sy spuit die tuin nat
dra vir my rooibostee en koekies aan

hoe gaan dit, vra die whatsapp boodskappe
skryf net! skryf ‘n blog, sê my vriendin

hierdie storie is te groot vir ‘n blog
hierdie storie vra spasie
hierdie storie is ‘n boek

14 thoughts on “die wonderwerker”

  1. Wonderlike nuus… so baie bly saam met julle… mag die nuwe jaar net die beste inhou vir julle.. blessings xxxx

  2. Ek sit sommer net by my sigselwers en hui stilletjies, Liza. God se liefde is so oneindig groot! Dankie dat jy hierdie kom neerskryf het.

  3. Thentia Bodenstein

    Ja ‘n boek….! Ek is sprakeloos. My hart en siel en liefde is by julle…..

    1. Dankie vir al die gebede – ons kon dit letterlik in die gees voel. Daar was te veel onsekerheid. Op-en-af en chaos met Covid om die detail van ons lewe die afgelope twee maande te deel. Ons wou eers seker wees voordat ons iets deel. Nou is ons seker… dit het gebeur. #itisfinished

  4. Hoendervleis op hoendervleis rillings gaan deur my lyf……As jy hulp kort met die boek kontak my. Ek het n baie spesiale kind van God in die Kaap wat haar eie uitgewery het. MediaforOne. Elaine Broekman.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.