die leopard trail

14 Augustus 2022

hierdie is ‘n storie wat ek oor ‘n paar blogs sal vertel

sy het my in maart gevra of ek deel van haar pelgrimstog sal wees in augustus

ek ontmoet haar groep vriendinne die dag voordat ons die leopard trail aanpak – ons vertrek die oggend van 6 augustus van george na die baviaans kloof

ons ry vier ure om by die bestemming aan te kom, kry ‘n kort briefing, sorteer ons bagasie, eet ‘n ligte middagete en teen twee uur vertrek ons op die eerste been.

Dag 1 (Distance 9.73 km/ Elevation Gain 328m)

Dag 2 (Distance 18km/ Elevation Gain 681m)

ons loop deur die rhebok vallei, klim tot by die cedar views, steil afdraendes vat ons na die reflection pools, ons klim op teen dragon ridge en klouter op en af oor labyrinth hill tot ons by ons oornag hutte kom

Dag 3 (Distance 22 km/ Elevation Gain 730m)

ons het vroeg weggespring, geweet dat hierdie dag ons regtig gaan toets

ons klim drie pieke vandag honeybush hill, inconvenient truth en ain’t so bad

Dag 4 (Distance 13 Km/ Elevation Gain 648m)

deur die birdsong vallei, fond farewell, the cauldron en dan ‘n afdraende terug na die basis kamp waar ons avontuur begin het

dit is ons laaste dag op ons voete, die wêreld wag al klaar weer vir ons, toe ons in die bussie klim terug na ons onderskeie lewens, kyk ek na al die vroue rondom my en ek verstaan hoekom sy elkeen met die hand uitgesoek het

ek is bly sy het my ook gekies, ek wens die wêreld kan ‘n rukkie langer wag

13 thoughts on “die leopard trail”

  1. Dis wonderlik om jou weer hier te sien en die feit dat jy so ‘n staptog aangepak het, vertel my dat dit goed gaan met jou. Ek sien uit na die res van jou vertelling 🥰

  2. Ek stem saam met tannie Frannie, dis goed om weer by jou te kan lees, Liza. Dit klink en lyk na ñ wonderlike staptog/lewenstog.

  3. Wow! So bly om jou weer te lees..en ek kan nie wag om die res van die avontuur te lees nie!

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.