die afskeidsgeskenk

21 November 2021

Ek kry die boksie as my afskeidsgeskenk, binne-in drie vouchers vir drie kunsklasse.


Ek weet dadelik wat ek wil verf en wag geduldig vir tyd om oop te val.

Ek bel Svetlana en bespreek drie oggend-sessies, in een week.

Ive been waiting for your call, sê sy. Can you paint?

the world will tell you there are pyramids you must climb to feel successful.

pay no attention

your life’s joy isn’t at the apex of a pyramid.

it comes from a well of creativity that flows from your very centre

Martha Beck

you only have to learn how to stop moving, and let yourself be moved

Martha Beck

Die afwagting om die prent só op skaal op die doek te kry.

Ek begin bou aan die agtergrond.

Ek is alleen daar by haar en sy sien gou sy moet my net los sodat ek kan paint. Sy speel klassieke musiek en soms bietjie jazz. Sy gaan aan met haar eie goedjies en daar is ‘n vredige saamwees wat vir my lekker is. All is good Svetlana, sê ek iewers in die tweede sessie – but I can’t paint faces.

Dont worry sê sy in haar ryk Russiese aksent, I will help you. Sy los my om met my vingers te verf, as sy sien my palet raak leeg gooi sy die goue verf ruimskoots uit en sy druk burnt amber elke keer as sy sien ek begin spaarsamig werk.

Use the brush,  harder! sê sy. Dis teen my gewoonte in, ek het respek vir verfkwasse. No, you must give texture! Elke nou en dan is my hande en vingers in die verf, sy sê niks – sit net die lap neer.

You’ll never know the kind of person you could be until you take that first step, all alone into the great unknown. Very few take the step.

Hannah Harding

Ek maak die boekie van ou papier en trek nog ‘n hele paar goue strepe oor elke stukkie wat vaal lyk. Die hande en gesig los ek vir laaste. Svetlana staan langs my en soos ‘n dirigent ‘n orkes dirigeer, so lei sy my om die oë, die vingers en die nodige skaduwees op die wange en ken te verf.

Ek loop uit met my voltooide werk, ‘n groot stuk van Svetlana se liefde vasgeverf in die vryheid wat sy my gegee het om my vingers in die verf te druk, te verf soos my hart wou en te voel hoe die chaos in my hart in stilte gaan lê.

one must not refuse the unusual if it is offered to one

Share

14 thoughts on “die afskeidsgeskenk”

  1. Wow! Dis asemrowend mooi! Jyt skilder talent. (Ek weet Svetlana is die beste ‘verf dirigent) En jy druk die ervaring om by Svettie te gaan verf so mooi uit. Ek hoop nie dit was n afskeid van haar ook nie. Jy kan maar weer iets gaan verf!

  2. Ai Liza als wat jy ooit maak of skryf is ALTYD pragtig vir my… voel of dit spesiaal net vir my is. Liefde.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.