12 April 2015
Ek wou diep gaan grawe
Mooi woorde oopkrap
My klip-lippe inspan
Om lofprysings te sing.
Maar voor ek my kon kry
Slaan alles toe soos ‘n boek.
Ek sit myself laaste op die lys,
Seker omdat ek self ‘n ma is
En weerloos oop voor al my eie foute staan.
As dit nie vir julle was nie, sou ek nie vandag hier kon sit met my tweestryd nie.
(10 April 2015)
Al die prentjies van jou lewe sit in jou oë, jy kry hulle nooit weer uit nie.
(15 Julie 2000)
Hoeveel dae vat ‘n mens om jouself te plak?
Om te probeer regmaak wat flenters is.
Hoe probeer mens jou oë wegsteek sodat ander nie kan sien hoe jou hart leegbloei nie?
(2 Maart 2001)
ek in 1969
As ‘n berg jou vaskeer, kan jy bo-oor klim,
As mense jou vaskeer, is jy vas!
(Februarie 1979)
Padtekens reël ons paaie,
Leestekens reël on sinne,
Maar MENSE reël ons lewens!
(Julie 1978)
ek in 1980
As jy al die seminare bygewoon het en jy het al die papiere gekry – dan is die leë notaboek die most significant.
Daar waar jy jou eie pad kan vind.
Jou eie gedagtes kan losskryf.
Want net die Here weet – en dan net daarna, stil, rustig en seker
weet jy.
(1 Augustus 2011)
ek in 1983
’n goeie dag
en later ‘n moeilike uur.
gedagtes wat my onwillekeurig terugdwing.
ek wil nie nou daaraan dink en teruggaan nie.
dit is verby. dit is beter. die toekoms wag.
(Saterdag 21 Augustus 2010)
Afdraaipaaie…daaraan is ek gewoond
Vergeet van my core, en survive.
(24 April 2008)
ek in 1981
Vandag het ek oor begin.
Dit was aand en dit was môre.
Die eerste dag.
(9 Augustus 1999)
It only takes a moment to come back to yourself.
En partykeer vat dit ‘n leeftyd.
(17 July 2012)
Nobody has ever measured how much the heart can hold. Die pyn noú is seker dan deel van die happiness later.
(26 Februarie 2010)
ek en pa
ek in 1967
Dis altyd opvallend hoe skielik ‘broos’ kom.
Dit is ‘n gewone dag, met gewone roetine en skielik weet jy…alles is anders vandag.
Half oorweldig deur grootsheid, die onverstaanbare en die deeglik deurleefde.
Nothing has changed, and yet everything is different.
Dit is ‘n op-die-knieë-dag
(30 Julie 2013)
Net ek weet waardeur ek die afgelope drie weke geworstel het met betrekking tot my familie. En waarlik, ek het ‘n belangrike konneksie gemaak…
(20 Junie 2002)
“the person I am in my family, is the person I have erased with nearly every choice I’ve made in adulthood. Whenever I am in contact with my family – the same thing happens: I become a narrow part of who I am, with the full range of my qualities and experiences closed off by this bifurcated view of the person my family expects me to be.”
ek in 1974
Hierdie is ‘n jaar van min woorde vir my joernaal.
Daar is nie so baie turmoil in my binnekant nie.
Tweespraak word eenspraak
(9 Feb 2013)
Hierdie jaar is werklik ‘n rusplek,
Herlaai vir wat wag.
Ek is dankbaar
(14 Oktober 2013)
My lewe is nie groot nie, maar dis myne!
(Maart 2014)
trooswoorde…
ek in 1999
Ek was lank in die woestyn
Sonder water sonder wyn,
En almal het gesê
Sy’t uiteindelik gaan lê
Vir haar is alles nou verby
Maar ek het stadig teruggeloop
Kromgebuk en afgestroop
My spore lê soos woorde in die sand
En soos Jona ingesluk
Uitgespoeg en reggeruk
Word ek wakker in ‘n nuwe land.
Jy kan my breek
Jy kan my slaan
Jy kan my sê dat ek moet gaan
Vat my hoed, vat my bloed
Vat my laaste druppel moed
Ek sal staan
Bring die wind
Bring donderweer
Bring die heelal om my neer
Ek sal staan
Ek sal staan jy kan maar lag
Ek sal staan, stuur maar die nag
Maar ek sal staan
(Deon Opperman/ Amanda Strydom)
The difference is that your daughter has you – and you don’t have you. If you don’t get out soon, your daughter won\t have you either.
(Carl Jung)
Neem my terug moeder
Net tot vannag toe wil
Ek grootoog, tjoepstil
Agter jou voorskoot skuil
En kring my in jou arms vas
Net tot vannag toe wil
Ek duim in die mond
Op jou skoot kom krul
Wieg my
Wind my
Droog my, kind my
Maak jou maag oop
Neem my terug moeder
Net tot vannag toe
Wil ek my hele wêreld vul –
(Anoniem)
ek in 1963
Ma, ek skryf vir jou ʼn gedig
sonder fênsie leestekens
sonder woorde wat rym
sonder bywoorde
net sommer
ʼn kaalvoet gedig –
want jy maak my groot
in jou krom klein handjies
jy beitel my met jou swart oë
en spits woorde
jy draai jou leiklipkop
jy lag en breek my tente op
maar jy offer my elke aand
vir jou Here God
jou moesie-oor my enigste telefoon
jou huis my enigste bybel
jou naam by breekwater teen die lewe
ek is so jammer mamma
dat ek nie is
wat ek graag vir jou wil wees nie.
(Antjie Krog) en ek…