stil saterdag

11 April 2020

Dit het weereens ‘n ruk gevat om hier te kom. Eintlik het dit ‘n landswye lock-down geneem om my tot stilte te kry. 
Ek het baie verander, die manier hoe ek oor goed dink het ‘n nuwe vorm aangeneem.  Ek bevraagteken myself steeds, ek bevraagteken my koers… maar vandag was vir my mooi.  Elke keer as ek werklik stop om by die kern van my menswees uit te kom, dan besef ek dat ek tot rus gekom het in die liefde.  Ek het tot rus gekom in God

“Ons lees graag die Bybel, ons gee ook ons opinies oor die inhoud van die Bybel.  Maar soms is dit nodig om stil te raak… om toe te laat dat die Bybel my lees, om te kyk wat Hy op my wil laat skyn.” (Barry van der Merwe)

Ek gaan my benadering na vandag aanpas. Ja, ek bestudeer die Bybel.  Die inhoud en kompleksiteit is iets waarmee ek voortdurend gekonfronteer word.  Maar wat as ek tyd maak sodat die Bybel my kan lees?  Stil raak sodat ek werklik kan ervaar wat Hy vir my wil sê?

Ek is bly dat ek vandag deel kon wees van ‘n Online Silent Retreat. Ek volg die riglyne, ons fokus op die bekende Psalm 23. Ek besluit om dit in Afrikaans te lees en my hart fokus op die tweede vers in Die Boodskap.


Die Nuwe Lewende Vertaling Bybel van 2006 gee die mooiste verduideliking van vers 3:

Hy verkwik jou siel 

Verkwik: om te verfris, te lewe, op te beur of te troos, om nuwe krag of moed te gee.

Met jou siel verwerk jy jou omstandighede, beleef jy gedagtes, ervaar jy emosies en gee uitdrukking daaraan en neem jy besluite… Lei my op die pad van eerlikheid, opregtheid en geregtigheid…


Dis eers nadat ons die ikoon van Jesus as die Goeie Herder bestudeer dat my hart omswaai na Engels.

The Amplified Bible 1987

Ek lees hierdie woorde en toe vat ek die Psalm en maak hom myne.

-You refresh and restore my life – my self

You, O God, is my Shepherd

You feed, guide, and shield me.

I shall not lack

You make me lie down

In fresh, tender green pastures

You lead me beside the still and restful waters

You refresh and restore my life

my self

You lead me in the paths of righteousness in your name’s sake

uprightness, in right standing with you

I can’t earn it

I might walk through the deep sunless valley of the shadow of death

But,

I will fear or dread no evil

For you are with me

Your rod protects me

Your staff guides me

You comfort me

You prepare a table before me in the presence of my enemies

You anoint my head with oil

My brimming cup runs over

Surely,

Only goodness, mercy and your unfailing love shall follow me

all the days of my life,

and through the length of my days the house of the Lord and His presence

Shall be my dwelling place

Dit was ‘n alleen-dag. ‘n Stil Saterdag. ‘n Mooi en goeie dag.

8 thoughts on “stil saterdag”

  1. Dis amazing hoe die Here ons almal na ‘n tyd van refleksie toe neem….innerlike diep inkyk in ons siele…dankie vir die. Dit is kosbaar.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.