requiem vir die sewende vrou

10 Desember 2016

(sestien jaar later)

dit is die ding met ‘n egskeiding
dit bly jou agtervolg
en as daar kinders is
word hulle strooipoppe in die wind
en as die regsaksies verby is
en jy stadig aan jou stilte wil teug
dan kom die laaste bepaling
en die woede wat jou weer wil verslind

30 April 2016

ek wou my eers vererg
(nee, moenie laat ek nou vir myself staan en lieg nie)
ek hét my vererg
en diep geplunge na ‘n plek waarvan ek al vergeet het
anger, resentment, rooi-warm koors
nie eers die beautiful bont krabbels wat my buurvrou vir my gestuur het
kon my uitlig nie
en ek het met skaamte onthou
dat ek net nou die dag
vanaf my hoog-heilige troon vir iemand gesê het
nee man, moenie jou so ontstel nie
maar dis eers toe my eie nerwe afskuur
dat die onthou vlak kom sit
toe my kind vandag hier ry
begin ek lag, diep growwe skaterlag
ek meen,
mens stuur nie só ‘n email aan ‘n ander vrou se kinders nie
miskien vergewis jy jouself eers van die feite
maar ek kan verstaan dat hy ‘n storie moes uitdink
en dat jy daarvoor kon val
daar staan ons soos sewe dwergies in ‘n ry
ek, susan, renata, gerda, sue, odette en jy
ek het agtien jaar gehou
ek hoop jy bly

(Stef Bos)

ek het my spieëlbeeld sien val
ek lê aan skerwe op die grond
ek het myself leer ken
as heldin en as \’n hond
daar is so weinig meer oor
van al my woede en geweld
maar ek ken ook nou my donker kant
ek het vrede met myself

(Lidi van Schalkwyk)

na soveel jare dat ons mekaar so meedoënloos geskuur geskaaf geslyp
opgeneuk en
verinneweer het
het ek die goeie begin vergeet
en die slegte bly bêre in my onthou
dit vir ‘n te lang tyd oor en oor uitgehaal
van voor af weer bedonnerd geraak
en weer gebêre
en nou van daar al so baie water in die see geloop het
en die lewe so sonder ophou
met my aanhou gebeur het
nou kan ek vanaand hier sit
en my sop in my doodstil huis eet
en terwyl ek bewus raak van die horlosie teen die muur se getik tik
besef ek ek sukkel om daai dvd’tjie met die naam “ou stront”
te rewind
en uiteindelik is my brein nie eers meer in staat om dit te lees nie
en ek smile rustig
my skouers ontspanne
want ek kan selfs nie meer onthou
hoe ‘n migraine of ‘n tantrum
of wakker lê oor die kinders wat nog moet inkom
of selfs pms voel nie

(Stef Bos)

jy kan my vat net soos ek is
jy mag van my hou
jy mag my ook haat
ek is wie ek is
dit is my wêreld
en dit is my stem

ek het nie meer geheime nie
ek is wie ek is

Kuns: Lidi van Schalkwyk

Share

4 thoughts on “requiem vir die sewende vrou”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.