woorde

24 Maart 2015


mens moenie so ontevrede wees
met jou seisoen nie
as jy weer kyk is als verby
en dan is jy werklik gelukkig,
as jy ná die tyd kan sê
dit is goed
ek moes iets leer

10 November 2014

Moedersdag 12 Mei 2013

Ek kan nie sê dat ek ma ooit verstaan het nie,
en tussen ons lê dae, maande en jare se siklusse van stilte.
Maar daar waar woorde nie kan kom nie; waar hurts en healings verander in memories, dáár lê ma.
In gedigte van Antjie Krog,
In concértos vir fluite, hobo en klarinet.
In gemengde potpourri,
In skinkborde met kantlappies en warm tee,
En iewers in die lyne om my mond…
Ek stuur vanmiddag vir ma ‘n klank,
mag Beethoven se Koorfantasie op ma se hart val,
en as die warmte daar nes maak…
dink ook vandag aan my…


8 Maart 2015


(vir Mari)
dis toe ek jou kind agter die tjello sien
dat my gedagtes vêr gaan draai,
tussen ‘74 en vandag lê twee-en-veertig jaar.

(vir Ma)
ek dink aan my ma…
die middaguur konserte in Johannesburg se middestad,
Daniel Barenboim op die draaitafel
vioollesse by Goudrif
koor…en stukke tyd

en ek raak stil oor vandag,
omdat onthou so diep kom lê

(vir Pieter)
en terselfdertyd so grateful,
dat ek saam met jou kan sit
en net kan gaan
sonder knik of enige verwyt.

Ek dink vanaand sommer net aan jou
Hoe als kon begin met drome,
Francois Hardy en son…
En stelselmatig weg kon vreet,
onder swaaiende sirkels
van Leonard se laaste wals.

4 Februarie 2014

Pausing to feed the soul…
En dirigent Gerhard Korsten hou ons in die palm van sy hand
Elegie vir orkes en gehoor
En ek weet nie wat dit deesdae met my is nie
As ek passie sien saam met Godgegewe talent
En emosies dik walle in my keel opstoot
En trane brandd
Vryf net liggies op die voorarm en dink
Ag ons is seker maar in die oorgangsjare…

15 Februarie 2015


ek sien hoe ons mekaar raakstamp met omgee
onwillekeurige sirkels van sorg
jou krake word myne
en iewers gee ek dit terug
so staan en bekyk ons mekaar se verdriet
tot ons harte weer boontoe
na God toe verskiet

29 Oktober 2014 (vir Alta)

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.