Ek sou nooit in my lewe by Wolfgat beland het as dit nie vir my sussie se vindingrykheid was nie. So bespreek sy reeds in Oktober vir ons twee plek by die befaamde Wolfgat restaurant.
Dié Suid-Afrikaanse restaurant in Paternoster is op die The World Restaurant Awards in Parys, Frankryk, as die beste restaurant ter wêreld aangewys in 2019.
Hier staan ons met die nimlike Kobus van der Merwe, die eienaar en chef. Hy gebruik innoverende tegnieke en is toegewy daaraan, om volhoubare praktyke en ‘n verskeidenheid van plaaslike bestanddele te gebruik, wat hierdie ondervinding baie uitsonderlik gemaak het.
Hy noem dat sy spyskaarte geinspireer word deur die Weskus landskap en die unieke Strandveld Fynbos plante. Hy pluk (forage) daagliks sy bestandele.
Die Spyskaart
A Cave Called Wolfgat
askoek bokkombotter
strandveld snacks
Summer, Tietiesbaai…rooi gety
braaied oyster, heerenboontjie, waterblommetje, kiwi, brakvygie
Present Day Paternoster
abalone, mushroom, sea lettuce, soutslaai
duinespinasie, cabbage, wild garlic masala, sambals
Kasteel Revisited
springbok, yellowtail, klipkombers, dune celery
amasi, wild sage, nectarine
Desember 2024
Na hierdie heerlike ete moes ons natuurlik eers bietjie rus voordat ons die dag afgesluit het met ‘n konsert by Die Koelkamers Teater.
Gian Groen tree op en sing onbekende liedjies maar dit is so mooi in Afrikaans en eindig ons dag op ‘n goeie noot.
Gian Groen: Vier Seisoene Kind
Sy roep my in die rigting van haar hart
Waar die wintervure brand
En die nagte vir die somer lê en wag
Sy giet haar trane in die see
Sy stuur haar woorde met die wind
Na die strande van lankvergete smart
Vier seisoene kind met die winter in jou oë
Waar het ek jou verloor
Vier seisoene kind met die liefde in jou palm
– kyk jou oseaan is kalm
Vier seisoene kind vier seisoene kind
Stuur my nog ’n poskaart met die wind
Sy maak vir my ’n painting van die herfs
As die akkerbome rus
En die wolke soos vlamme oor ons waai
Sy gee vir my ‘n soet Septembergeur
As die Boland lê en bloei
Met die somer wat klop hier aan my deur
Ons bevind onsself in ‘n perfekte plek waar ons kan verken maar ook behoorlik kan rus. Ons smake kom goed ooreen en die dae is kosbaar.
Vandag soos soveel ander dae kan ek net erken ek is baie dankbaar vir die Here se genade, Sy leiding, Sy rus wanneer die binneste so woel.
Ek sien uit om te sien wat verder op ons wag.