1 April 2018
Sy het al in Suid-Afrika planne gemaak om my Foshan toe te vat. Ons bêre dit vir die laaste Sondag saam.



Sy sê vir my dat die dag uit drie dele bestaan.

Deel 1: Gerhard se verassing ~ Martial Arts
Martial Art Performance
Die museum by Foshan Ancestral Temple hou die geskiedenis en legacy van Ip Man. Bruce Lee was een van sy leerlinge.
My gedagtes dwaal terug na die klein seuntjie met die stok in die tuin. Hoe hy sy judo pakke ontgroei het en hoe trots hy was as oom Hennie die nuutste belt om sy middel knoop.
Ek onthou onwillekeurig die moeilikste tye van my lewe en hoe hy vir my sê… wees soos water ma, wees net water…
You must be shapeless, formless, like water.
When you pour water in a cup, it becomes the cup.
When you pour water in a bottle, it becomes the bottle.
When you pour water in a teapot, it becomes the teapot.
Water can drip and it can crash.
Become like water my friend.
~ Bruce Lee ~

Die Ancestral Temple is beeldskoon.




ek is maar net water
sê die druppel
jy skitter
sê die son



Dis mooi hier, dink ek. Ek hou van die happy bome.
Allow yourself to transform as many times as you need to be fully happy and free.
1 thought on “wees soos water ma…”
Pragtige foto’s en ‘n baie waar boodskap