23 Maart 2018
clothes as text,
clothes as narration,
clothes as a story
clothes as the story of our lives
and if you were to gather all the clothes
you have ever owned
in all your life
each baby shoe
and winter coat
and wedding dress,
you would have
your
autobiography

Ek is gefassineerd deur die straatdrag van die vrouens in Gaungzhou. Hulle ry fiets met fyn skoene, kantrokke en sykouse.
Iewers in my gedagtes begin ‘n idee posvat dat ek by materiaal winkels moet uitkom sodat ek vir my lap kan koop om self klere te gaan maak as ek by die huis kom. My kind verstaan my, hy het grootgeword in ‘n huis waar lap, gare en naaimasjiene deel was van sy ma se lewe. Hy weet dat ek aan lap moet vat sodat ek kan sien hoe dit lyk.
Hy huiwer nie om te soek waarheen ons kan gaan sodat ek my lap kan koop nie.
Miskien moet ek bietjie perspektief gee… ‘n great uitstappie vir my is na Johannesburg se Oriental Plaza, so dís naastenby wat ek in gedagte het toe ons op die metro klim.
Nié in Gaungzhou nie.
Die Guangzhou Changjiang International Textile City is een groot mark wat duisende klein winkeltjies bevat. Iets soos vyftig vierkante kilometer groot.
En nee, hulle verkoop nie stukkies materiaal nie. Jy koop ‘n minimum van duisend meter. En dan word jou aankope gaan haal met ‘n motorfiets of bakkie.
Ek het my onlangs morsdood gesoek na skoenveters in Pretoria.
Wel, dit is alles in China!

Toemaar sê hy vir my, kom ek vat ma na die klaargemaakte klere toe.
Ons loop ons byna dood, ry met die metro en kom by Liuhua Fashion Wholesale Market.
Dieselfde storie.
Duisende winkels met klere net waar jy kyk.

Net voor ons daar uitloop sien ek iets wat ek graag wil hê. Dis vyf-en-twintig Yuan per item (as jy 100 koop!).
Ek weet nou nog nie hoe hy dit reggekry het nie, maar hy het vier keer teruggegaan na die winkel-eienaar toe, elke keer ‘n paar Chinese woorde gebruik, die sakrekenaar is heen-en-weer aangegee en die Chinese app op sy foon het praatwerk gedoen.
Naderhand ruil hulle name uit.
My kind bied hom veertig Yuan aan, as sy ma net hierdie toppie kan kry.
I like you, sê hy vir my kind en hulle connect op wechat. Maar nee, hierdie is net ‘n voorbeeld en nie te koop nie.
Mens weet half as jy die aftog moet blaas en ons draai huis se kant toe. Net voor ons by die metro kom, kry my kind ‘n oproep. Dis Ryan, it’s okay ~ you can have garment, we found another in storage.
Ek smile breed, ons loop terug en koop die toppie vir vyf-en-twintig Yuan.
Ryan smile en kyk vir my kind. This your mama? She happy now.

victory belongs to the most persevering!
16 km op my fitbit en ‘n toppie in my tas.
7 thoughts on “wat van ‘n stukkie lap?”
Nee wat Liza, jy het werklik die wonderlikste tyd daar saam met jou kind! Klink vir my of jy goed permanent daar sal aanpas.🤔😉
Nee Una, daar lê te veel voetspore by die huis. Maar hier in die oomblik geniet ek als.
So jy het toe tog maar nie ‘n paar rolletjies lap gekoop nie? 😁
Sjoe ‘n “stukkie” lap, jy se…. lol
Ek het nou lekker gekyk en gelees. Hoop jy kom met iets mooi terug.
Daar is ietsie vir die tas!
Die liefde tussen jou en jou seun maak my sommer bewoë
Ja, ek gaan hom van voor af vreeslik mis.