4 Junie 2015
‘n memory 7 September 2010
Tydens worship kry ek goud, burned amber en new season.
Iemand sing saam met my. Halleluja harmoniseer en dit tref my diep. My hart sing saam sonder dat daar ‘n noot uit my mond kom.
Ek praat met die Here en sê vir Hom dat my hart sing vir Hom. My note is binne my, ek kan dit nie speel op my klavier nie…ek het ook nie die guts om so hard voor almal te sing nie, tog weet Hy my soul sal altyd musiek maak.
Kort daarna gee sy vir my profetiese woorde:

“The colour of My love for you is gold, like burned amber honey. I sing your song and each note rises up and around us”
Ek weet nie wat die Here met my wil doen nie, waarheen Hy my neem nie. Maar hier waar ek nou is, is die beste plek in ‘n lang, lang tyd. Ek kan niks sien voor my nie maar ek weet presies waar om te wees vandag…met vrede.