27 March 2018
“he who can be a good son will be a good father”
Vandag vier ons Gerhard se 31ste verjaarsdag.
Ek en Whitney het alles in ons vermoë gedoen om ordentlike kaaskoek in die hande te kry.
“when you teach your son, you teach your son’s son”
Dis regtig ‘n groot geskenk dat ma hier is vir my verjaarsdag, sê hy.
Nee seun, dink ek. Ek is die een wat die geskenk gekry het.
Een-en-dertig jaar terug, om 23:13 in 1 Militêre Hospitaal, Pretoria.
Toe het ek nog niks van kinders geweet nie, daar is vandag 16 km op my fitbit, en ek leer nog steeds.
7 thoughts on “verjaarsdagsake”
Ek wonder hoeveel fitbit km sit ons so oor die jare altesaam in die grootmaak van ń kind in.🤔😉
Ek dink dis beter as ons nie weet nie!
Geluk met jou kind se verjaarsdag, Liza. Ek dink jy is ń amazing ma.
Dankie Una. Dis al wat ek wil wees, ‘die beste ma ooit’ ~ ek dink nie hulle stem altyd saam nie. Maar dan stel ek terapie voor, sodat hulle beter kan sien…
Lekker laat jy my lag! Skêrp.😉
Hoe kosbaar om nog steeds deur mens se volwasse kinders verras te word!
Ek dink dis die grootste voorreg ooit.