the fishing village

16 Maart 2018

Vandag gaan ons na die Ancient Huangpu Port and Village.

Hierdie hawe en dorpie het ‘n belangrike rol gespeel in die eerste handel tussen Amerika en China.  Gerhard noem dit die fishing village.

Pak Tai Temple

Die tempel het ‘n rustige, kalm atmosfeer en die wierook ruik baie lekker.  Ek is weereens bewus van die teenstellings.  Ou mense wat rustig onder die bome sit en kinders wat lawaaierig in die strate bal speel.

Ons loop stadig uit die tempel en die nou straatjies spoeg ons op interessante hoeke uit.


The Japan Building – volgens oorlewering het ‘n lokale man met ‘n Japanese vrou getrou en hulle het hierdie huis gebou. Sy het glo die hele Huangpu village gered tydens die Anti-Japanese oorlog deur net haar Japanese saber vir die aggressors te wys.


Hierdie gebou was gebruik vir kuns, musiek en kultuur. Dit word uitgebeeld aan die bo-kant van die muur.

Hier woon mense in hierdie straatjie.


Die teenstellings van oud en nuut.

The Ruins of Feng Pu Gatehouse

Die Feng Pu gatehouse is een van die vier oorspronklike ingange van die Huangpu Village. Volgens oorlewering het ‘n paar phoenixes hier water gedrink en dit het voorspoed en ‘n goeie oes vir die dorpie gebring.

Argeologiese opgrawings van die oorspronklike muur. Dit word veilig onder glas bewaar

Site of Ancient Huangpu Port

History of the Song Dynasty

Die datum vir die geskiedenis van hierdie era is die jaar 971.

Oral is konstruksie aan die gang en ek kan my verkyk aan die mooi prentjies wat ek sien.

Die strate is lewendig en die stalletjies kleurvol.

\"20180317_082649\"

China is vir my ‘n algehele verassing.  Dit is mooi en die mense is vriendelik.

Hoe meet mens geluk? Wonder ek op pad terug huis toe.  Ek het steeds nie die antwoord nie.  Maar ek weet een ding verseker.

Ek is een van die gelukkigste mense op aarde en ek sal dit nooit as vanselfsprekend aanvaar nie. Die Here is vir my goed!

Fitbit registreer 14.7 km vir vandag.

6 thoughts on “the fishing village”

  1. Jou fotos is absoluut wonderlik! Dis die heerlikheid daarvan as iemand wat reeds daar bly, jou rondwys. Mens sien soveel meer raak.

  2. Annette Roos

    Heerlik om saam met jou die fassinerende plek te bereis! ‘n Mens is sommer net gelukkig, jy hoef dit nie te meet nie. Dis daardie vrede en vreugde wat alle vestand te bowe gaan! Liefde. A

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.