21 March 2018
wraggies steeds 21 Maart en ons is op pad na Yuexiu Park. Hy gaan vir my net die bakens wys want volgende week kom ek alleen terug.
Onthou ma… nie ‘my shoe’ nie, ‘you shoe’ ~ en terwyl hy dit sê tik hy op sy skoen. Okay sê ek, só stupid is ek darem ook nou nie.

Wat hy níe vir my sê nie is dat dit die grootste park in downtown Guangzhou is. Dit beslaan 860 000 vierkante meter, het 3 kunsmatige mere en 7 heuwels.
Ons loop na die bekendste landmerk ~ The Five-Ram Sculpture ~ maar ek neem stukkies van die park in die verbygaan in.
Zhongshan Monument
Ek klim 498 trappe om by die monument uit te kom. (Dankie Camino training!)
Gebou ter ere van Dr. Sun Yat~sen. Die toring is 37 meter hoog.
Engraved on the monument is Sun Zhongshan’s will, encouraging China to keep moving forward, to fight for freedom and equality.

Ons kon nie die toring klim nie, ek moes tevrede wees met ‘n foto reg van onder.
Ek het beslis nie alles gesien nie en ek sal terugkom.
Hier word kuns beoefen in die park en ons loop by opera studente verby wat sing onder die koepels.
Ek kom ook op ‘n paar beelde af wat ek saam met my wil vat.


Five Ram Statue
Legend has it that the city was a barren land with people suffering from famine despite hard work. One day five immortals in five-coloured garments came riding into the city on five rams, playing music.
The rams held sheaves of rice in their mouths. The immortals left the sheaves of rice for the people, gave blessings to the city and left. The rams turned into stone and the city became a rich and prosperous place. Guangzhou got the name of the City of Rams, or the City of Ears.

Mens kry mos net dae wat jy verskriklik gelukkig is.
Vandag is só ‘n dag.


Toe ons by die huis kom toe sê my fitbit ons het 21 km geloop vandag. En my hart sê dis goed só.
En net so is 21 Maart ook verby.
2 thoughts on “spreek dit uit as ‘you shoe’”
Pragtige foto’s.
Baie dankie! Dit is om seker te maak ek vergeet nie hierdie ervaring nie.