simplify

24 February 2016

“Solitude matters, and for some people it is the air that they breathe.”

Susan Cain


24 Februarie 2016

ek het vandag ma se mooi hangertjie om my nek gesit
en aan ma gedink
partymaal as ek met die real issues deal
van mense wat deur my lewe loop
val my hart oop ~ onwillekeurig
en laat ek nog een in
kom, kom kry van die soete water
vir die dors
wat net jou ma kan les

20 Desember 2011

Die blessing van stilte.
Op daardie plek waar my hele being een word met God en die wêreld rondom my.
Dis moeilik om gedagtes stil te kry ~ die lawaai in my lyf.
Ek hoor my hart klop, dit is heeltemal uit ritme.
Soos ‘n galop en ‘n trippel.
Ek hoor my bloed druis soos ‘n magtige stroom.
Maar eventually is alles binne perke en ek kan net lig asemhaal.
Ek voel die gedagtes teen my skouers afloop en wegdwaal ~ rus en vrede in my nek en agterkop.
Maar meesal hier reg binne my hart.
Ruimte en asem.
Vrede. Stilte. God.

18 Junie 2012

Vandag moet ek eers binnetoe draai voordat ek kan terug of vorentoe kyk.
Wat ‘n geseënde tyd vir my ~ om te besef ek is alleen oor en dat ek vry is om my tyd en aandag te spandeer aan dinge wat regtig vir my belangrik is.
Vir my. Full stop.
Ek het ontslae geraak van jare se hofdokumente. Gemors.
Van herhinneringe. Gemors.
Ek word wel gepla deur aaklige drome, en kan dit net toeskryf aan die brein en die onderbewuste.
Dis werk…om ontslae te raak van remnants. Gemors.
En ek voel hoe die spasie beskikbaar raak sodat ek die goeie, die edifying kan inlaat.
Soos gewoonlik maak die skryf my ligter, laat dit my verstaan waar ek nou is.
Dat ek nie moet ronddraai en turmoil ervaar oor die drome nie. Dat ek die golf moet ry. Vrede moet ervaar oor die proses.
Ek kasty myself ook nou nie vandag oor die foute en tekortkominge waarvan ek so deeglik bewus is nie.
Ek sien die voorsiening van my Vader.
Dat Hy regtig in elke opsig vir my sorg.
Hoe gerus voel ek!
Ek kan val, stuikel, tekort skiet…
Maar Hy het my lief.
Hy sorg vir my. Hy is my versorger.
Hy maak die paaie vir my gelyk.
Hy berei my tafel vir my voor.
In Hom en deur Hom is ek in staat tot enigiets!

4 Julie 2012

Ek het gelees oor Simple Abundance en The Simple Life en daar is klomp goed wat ek moes doen ~ noodgedwonge.
Klomp dinge wat hartverskeurend moeilik was.
Maar vandag is ek dankbaar dat dit agter my lê. Dat ek in die proses van agterstand eintlik veld gewen het.
Dat ek deur prosesse is wat nou vir ander mense van my ouderdom voorlê.
Dit is genade en dit is God.
So laat Hy alles ten goede meewerk.

12 November 2012

En net hier, vanoggend, begin die rustige lewe.
Vrede, kalmte en tyd.
Om dít wat vir my baie belangrik is te doen.
Met my hele hart.
Terug na my eerste liefde.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.