5 Augustus 2015
vandag is weer een van daái dae
gedagtes draai wyd
rafel om die rante
en wikkel hulle self leeg
als terwyl ek wonder of ek die skottelgoed wil was, of nié
dis hoe dit is met seisoene
as jy weer kyk is jy binne-in ‘n droogte
en net voordat jy jouself toegrawe in despair
netso
dan is die uitkoms daar
dis maar beter dat mens nie weet waarvoor jy jouself inlaat nie
dis beter as die lewe jou vang
so met die broek verstrengel
om die enkels
dis al hoe jy weét
wragtag
hiér moet ek op!
hiér moet ek uit!