om vriende te maak

23 October 2023

Ek dink dit bly maar een van daardie universele probleme… om vriende te maak.

Een van die mooiste eienskappe wat ek sien in die Philippines is die gevoel van community en die park regoor ons blyplek bied talle geleenthede vir my om alles in te neem.

Deur die loop van die dag kom die yaya’s in die park bymekaar met kinders waarvan die ouderdomme wissel. Hulle gesels in ‘n sirkel met mekaar terwyl die kinders geduldig rondhang. Ek vermoed dit is die tyd waar daar opgevang word met die nuutste nuus, gebeure en soos ek nou en dan aflei, wat aangaan by die verskillende gesinne waar hulle werk.

In the Philippines, the word yaya refer to a woman who is paid to look after children. They are an integral part of middle-class and upper-class homes, and they raise children from infancy and may remain in the houselhold until old age.

Laatmiddag is dit die ouers, of oumas en oupas, wat kyk hoe die kinders speel, soms met mekaar gesels en allerhande oulike dinge doen. Die een ma het vandag borrels geblaas en heelwat kinders vermaak.

Isabelle is effens skaam en kyk die kat uit die boom terwyl sy op haar eie speel. Dit was nie lank voordat sy maats gemaak het met Elsa, ‘n Chinese dogtertjie nie. Die probleem is dat Elsa ‘n totale ekstrovert is, al die kinders is met haar maats. Dit het Issie bietjie gedwing om ook nader te staan en maats te maak met van die ander kinders.

Ons doen elke dag ‘n bietjie beter. Meer kinders staan nader om met haar te gesels en ek speel saam speletjies wat ook ‘n bietjie help.

Hierdie hele ervaring het my ook maar laat dink aan elkeen van ons wat op ons eie manier aanvaarding soek. ‘n Plek om te behoort en die ruimte om heeltemal ons outentieke self te wees.

Iewers moet ons seker bietjie van onsself weggee om deur die groep aanvaar te word. Hierdie klein dogtertjie gee my soveel plesier, want daar is iets aan haar binnekant wat haar voorsê om haar eie ding te doen, selfs al beteken dit op hierdie stadium dat sy soms alleen moet speel.

4 thoughts on “om vriende te maak”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.