20 Maart 2018
Vandag is ek op my eie. Dis ‘n vreesaanjaende, opwindende en algeheel bevrydende ervaring. Ek het baie goed weggespring en gedink dat ek presies weet waarheen om te loop.
toe draai ek om
loop terug huis toe
vra vir gerhard om weer te verduidelik
draai terug
en begin
van
voor
af
Terry Pratchett says, “Coming back to where you started is not the same as never leaving.”
so daar is 5 km op my fitbit toe ek weer by die voordeur uitstap

Ek loop af tot teen die Pearl River

verkyk my aan die skelet van ‘n ou seilskip
en draai rustig terug na die Guangdong Museum
Blue and white porcelain exhibition

Process of the Production of Chaozhou Woodcarving



Dit maak my happy om te weet al drie hierdie skepe het by die Cape of Good Hope verbygevaar.



The Hakka People

Kuns, maar ook funksioneel. Dis ‘n lamp staander.

Net omdat dit vir my so mooi is


Ek verloor myself heeltemal in die kuns en kultuur van hierdie beskawing.

Dis eers toe ek buite kom en die son op my gesig voel dat ek myself probeer oriënteer om huis toe te gaan. Ek herken die bakens en loop doelgerig. Net voor ek regs draai om oor die besige pad te loop vang my oog die gebou bokant my. En net daar sien ek my naam.

Ek sal nie sommer weer verdwaal nie.
17 km op my fitbit. Dit is ‘n goeie dag.
9 thoughts on “om alleen te loop”
Baie dankie dat jy jou reis met ons deel liewe Liza – dis alles so nuut en inspirerend! Xx 🙂
Kan jy glo ek loop in China rond. Wat ‘n algehele blessing. Ek stuur vir jou baie liefde!
Sjoe, jy is fluks! en dapper!
En ook maar lekker stupid!
Geniet dit.
Glo my, ek ryg elke oomblik in soos kosbare krale!
Dis die regte manier van doen. 😁
Dis wonderlik om die plek so deur jou oë te ontdek, ons waardeer dit. Ek stem met jou saam, so ñ ou beskawing se kuns en kultuur kan mens se asem maklik wegslaan.
Eintlik is ons almal eenders al woon ons wêrelde uit mekaar.