nerf af

14 Julie 2019


ek onthou eendag lank gelede toe ek my eie gastehuis bedryf het
was die kamers vol en ek was alleen op die werf
in my haas het my voet aan die plaveisel vasgehaak
en toe ek neerslaan
nerf af
het ek net so bly lê
toe ek opkyk toe sien ek die mooi tuin
en my hart huil omdat ek nooit tyd kon kry
om dit net te geniet nie
ek kan nie onthou hoe lank ek op die naat van my rug
daar in die son bly lê
en kon sien hoe die wolke verbydryf nie
eventually
kon ek my lyf optel
en
net
aangaan

vandag, hier waar ek my lewe bedryf
voel my hartkamers vol
dit voel of ek lankal
neergeslaan het
nerf af
ek soek die tuin
ek soek die son
om my is ‘n digte lagie mis
en ek besef
hiér op die naat van my rug
is dit nie so maklik om jouself
jou hoop
en jou emosies
net so op te tel
en
aan
te
gaan
nie


ek skryf hierdie woorde neer
sodat ek eendag weer kan terugkyk
en sê…
kyk

het daardie seisoen
ook
by
my
verby gegaan

5 thoughts on “nerf af”

  1. Annette Croeser

    Liza, daar is tye wat al die woorde in die wêreld nie ‘n verskil gaan maak nie. En ek kan ook nie fisies by jou wees vandag en deur hierdie tyd nie, maar in die gees is ek met jou. En onthou… “selfs wanneer die lewe vir my so donker word dat ek nie weet watter kant toe nie,
    sal ek nie bang wees dat probleme my onderkry nie,
    want U is altyd by my.”
    Jy en Charlotte is nie alleen nie.

  2. Jy beeld jou gevoelens ongelooflik mooi uit, Liza. Wat ń pragtige tuin. Ek weet glad nie waar julle huidiglik in die proses is nie, maar onthou dat hier iemand in Harties is wat ook vir julle bid.🌹

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.