7 Oktober 2015
Every person has their own reality and their own story. By respecting that, you bring dignity to their lives.
Dit beteken dat ek ‘n storie het, my eie realiteit. Om my waarheid te respekteer bring die sin van my lewe aan die lig.
Dit maak alles beter. Sinvol.
Vandag is net ‘n perfekte lentedag.
I can just be.

Die fotos is ‘n rekord van my lewe tussen 2006 en 2008. n Tydperk van swye.
Die begin…
Truth is a friend we should embrace it.

9 Augustus 2001
Vandag het ek tuin gemaak en my geliefde sleepers geplant.
Vir my is dit simbolies van tentpenne inslaan.
Dit is só gerustellend dat ek kan weet,
ek kan hier bly,
ek kan ‘n tuiste hier skep en niemand gaan onrustig raak en wil trek nie.
24 April 2001
Ek het gisteraand gedroom en dit was ‘n heerlike droom.
Ek is besig in die huis in Botterklapper, besig om goed te sorteer.
Dis nie net my goed nie, dit behoort ook aan my familie.
Alles is in my huis.
Ek sien alles in detail, selfs die patrone op hulle koppies en borde.
Die huis is oorvol, daar is selfs goed op die dak.
Ek maak hope op die gras en sypaadjie.
Ek sit die goed nie eers mooi neer nie, die stoele staan met pote in die lug.
Terwyl ek nog besig is op die dak, kom ‘n groot trok en laai hulle goed op.
Hulle al vier staan in ‘n groep, arms om mekaar se lywe en huil oor hulle goed.
Dit pla my nie, ek werk voort.
Ek sien net my eie goed in die huis.
Hulle probeer om van hulle goed vir my te gee, maar ek wil dit nie hê nie.
Ek is verlig as ek opkyk en sien dat die hope goed buite weggery word.
Toe dra ek my goed uit die huis, laai dit in ‘n wit klein trokkie, soek en roep my kinders. Klim in die trokkie saam met die kinders en ry weg.
Die bure het uitgekom om te kyk ~ hulle sê niks. Waai net koebaai!

10 Februarie 2002
So is ek dan steeds weer op pad.
Tyd glip soos sand deur my vingers.
Ek het gedroom gisteraand,
En dis die beeld wat ek het om my huidige situasie te beskryf,
‘n Klein bootjie sonder seile op ‘n tierende
oop blou see.
Ek binne~in, al klouende.
Ek weet dat ek moet oorleef
en deur genade is ek veilig.
Maar…ek is nie met my voete op die grond nie…
Die middel

This I learned from
a shadow of a tree,
that to and fro did sway
against a wall;
Our shadow~selves,
our influence may fall,
where we ourselves can never be.
(Anna E. Hamilton)

My dorre siel soek stilte,
en my hart roep na U rus,
tot in eindelose dae,
bly U die groot EK IS
Stand up straight and realise who you are, that you tower over your circumstances. You are a child of God, stand up straight.
(Maya Angelou)

The smoke of the incense together
with the prayers of God’s people,
went up before God,
from the Angel’s hand
(Revelations 8:4)
I want my life to be a passing breeze,
a wind has gone,
but left a beautiful
fragrance.

You don’t choose a life, you live one.
Die einde…

I don’t feel sorry for myself, this is the life I chose.
8 Junie 2010
Net die Here kan weet dat musiek my sleutel is.
Where words leave off, music begins…
14 Augustus 2010
ek kan in die lig lewe
God binne my
in die waarheid
dit is oop in my
14 Augustus 2010
Ek neem verantwoordelikheid vir al my besluite.
Vir elke keuse.
Vir elke taak wat ek namens ander op myself geneem het.
Ek was nie impulsief nie.
Daar was baie wroeging.
Daar was inligting ter hande.
Ek bring elke fout…
Elke traan…
Elke stukkie twyfel na U.
Ek haal die juk nou af.
Ek is losgekoop.
Ek is vry.
U dink elke dag aan my!
Hoe groot ís U!

18 Augustus 2010
Maak nie saak hoe ek lyk nie.
Hy het my gekies en Hy is onvoorwaardelik lief vir my.
Life is like notes underneath our fingers ~ we need to play it.
18 Augustus 2010
Amper vier weke van LTS en steeds leer ek.
Ek het gedink ek het al baie geleer en ervaar.
Dit is waar, maar ek het spiritual maturity gekort en authority wat net God kan gee.
Ek het vasgehaak en dit begin nou werklik vir my voel asof ek uit die getypoel kan swem, binne~in die oop see.
Ek is heeltemal vry van die nette van die verlede, sonder die bande van skuldgevoelens.
Nuut, oop en gereed.
Nou kan ek werklik bid dat die Here my sal toerus en uitrus sodat ek gereed sal wees as die stroom kom.
Dat ek sal kan dryf in Sy genade, Sy authority, Sy gifting.
Dat Hy die weg reeds voorberei het.
Hy help my.
Al wat ek hoef te doen is om te submit.
Hou by Sy Woord.
Wees nederig, wees diensbaar, wees gehoorsaam.
Hy bou my huis.
Hy bou my lewe.
Ek glo!

Closure
6 September 2010
I had a dream, ‘n vreeslike storie.
De Oude Huis, Casa Toscana en Ca Ira alles inmekaar. Deurmekaar. Chaos.
Ek kan nie die detail onthou om neer te skryf nie. Ek onthou net my afstand en dat ek nie beheer gehad het nie. Ek besef vandag dat nie een van die drie ‘n noemenswaardige uitwerking op my lewe gehad het nie.
‘n Middel tot ‘n doel, ‘n deurgang.
In alle geval, ek kan vandag alles uitsorteer en weggooi. Die onthou is nie meer vars nie. Die ontnugtering is verwerk, maar die bevrydendste van alles…die vrees is weg.
Ek vrees nie meer die mense nie.
Afgehandel.
2003 ~ 2010 is sewe jaar.
Die tyd was reg vandag.

Restoration…
29 Januarie 2012
Hierdie is die jaar van restoration.
Twaalf maande van wag en herstel.
Groei as mens.
Groei in God.
En stadig re~align, oorbegin en bymekaarmaak.
Gather alles wat ge~scatter het.
As ek worship kom die trane
Trane van genade en dankbaarheid.
Hy het my, Charlotte en Gerhard gevorm.
Hy het ons geskep met ‘n bepaalde purpose.
Hy hou ons en ons wêreld in die palm van Sy hand.
Hoekom dan, sal ek my oor een dag bekommer?
Dankbaar, verlos en vry!
Dankbaar!

1 thought on “‘n tyd om weg te stap…”
So mooi geskryf …..