look at my handbag, ouma!

11 December 2022

sy sit gewoonlik gereed langs haar pa en wag vir die oproep om deur te kom.

dit laat my elke keer dink aan my kinderdae wat ons ook ons kuiwe moes kam, skoene aantrek en in die formele sitkamer op die bank moes gaan sit want die ouderling kom doen huisbesoek.

sy antwoord meesal my vrae en sing ‘n liedjie of lag verspot.

dan is hoop in die lug… gaan sy dadelik belangstel in hierdie ouma binne-in die iPad of is daar iets beters om te doen? ons weet nou al hoe dit werk en as sy verdwyn dan gesels ek met haar pa todat sy uit haar eie weer kom inloer.

as sy self terugkom dan weet ek – nou gaan ons speel!

do you want to see my handbag ouma?

yes, sê ek.

can you comb your hair ouma? ek loop vinnig badkamer toe en begin hare kam.

yes, sê ek.

do you have lipstick ouma? ouma dra nie lipstick nie, maar ek grou verbete tot ek my maskara vasvat.

yes, sê ek.

toe is daar nie meer woorde nie. ons speel asof daar nie ‘n sewe-uur tydsverskil tussen haar en my lewe is nie.

toe sy die eyeshadow woordloos uithaal, vat ek my kwassie en verf ook my oë.

ek wens partykeer ek weet wat sy dink, of sy kan voel hoe verskriklik lief ek is vir haar.

as ons groet kry ek iPad soene en drukkies en ek bêre dit diep in my hart.

I love you Isabelle, see you soon!

I love you ouma!

yes, sê ek

Share

5 thoughts on “look at my handbag, ouma!”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.