journeys

30 September 2024


Becoming our authentic selves, and knowing what that looks like, is a journey~ the longest we will ever take.


1 Augustus 2011

Vandag wil ek skryf oor journeys.
En hoe ek die afgelope maande nog duideliker besef het wat ek nié wil doen nie.
Dit is clarity.
Ek wil nie my hoop op positiewe mense bou nie.
Hulle val uitmekaar.
Hulle is besig om ander mense se lewens in hul eie hande vas te hou.

Help om koerse en rigtings te bepaal en hulle weet ook nie.
Die antwoorde hang iewers buite hulle bereik.
En hulle praat van connections tussen die brein en die hart, maar die inligting is woorde, iemand anders se navorsing.
Die ego is groter as die nood.
Die seer is dieper as die pleisters.
Die coach val uitmekaar.
Hulle ry weg op stil plaaspaaie en trek diep in die stiltes in.

Iewers laat jou storie hulle beter voel.
Dit laat hulle beter cope.
En die borge, besigheidsvennote en geld verdwyn iewers saam met leë beloftes.
Daar is baie positiwiteit, vals gierigheid en eie-liefde.

Vandag wil ek skryf oor ware hoop,
iewers in die realiteit van geen borge, vennote en ego nie.

Hoop in niks ~ en daarom is daar soveel plek vir hoop in God.
En partykeer moet ons, ons groot drome sien vir wat dit werklik is.
Onnodig en onrealisties.
Ons moet besef hoeveel van ons kosbare tyd hier op aarde word gemors omdat ons swoeg en sweet en onnodig arbei.
En stres.
Klein skouertjies is nie gemaak vir die wêreld se laste nie.
Sit al daardie drome en al daardie werk in ‘n bestaande, eenvoudige sisteem en laat die Meester jou rig om die groot wonders te sien.
In die omhelsing van ‘n gevangene,
in die spasie van tyd,
om tyd te hê…


Here my faithful God.
Ek kan nie meer wag vir my lewe nie!
Ek sien so daarna uit om my geskenk oop te maak.
My hoop is in U.
My lewe behoort aan U.
My dankoffer, my reukoffer sal opklim in U hart, in U ore, in U neus.
U sien my altyd voor U.
As almal van my vergeet het, onthou U my.
U dra my belange op U hart.
U het ‘n plan met my lewe.
Dankie Here…
Dat ek nie ‘n woord hoef te sê nie,
Nie ‘n prestasie hoef te lewer nie,
Nie geld hoef uit te haal nie.
Ek is gereed Here!
Ek het my nette gelos,
Ek wag op U,
Om U te volg al die dae van my lewe.

Share

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.