it is all in the detail

15 Maart 2018

Dis reënerig in Guangzhou vanoggend en ons besluit dis ‘n goeie dag vir museums.

Ek is in beheer van die metro vandag en ek gaan ons oral uitkry. Dit gaan heel goed todat ek probeer om ‘n stasie te identifiseer. Kyk na die groot naam op die bord ma, sê hy geduldig. Ek kyk… en al wat ek sien is accessable elevator. Dit kan tog nie wees nie sê ek vir hom, dis nou al die tweede stasie. Nee man, lag hy. Kyk daar! Kyk op die groot bord.  Ek voel vir ‘n paar sekondes simpel en toe lag ek kliphard in afrikaans!


Martyr’s Park

Dit het opgehou reën en ons truie is lankal in ons sakke. Kom ons klim hiér af, sê ek. Kom ons kyk hoe lyk die park.

Die park is groot en groen. Orals is hoekies waar mense sit en rus, eet, mediteer of tai chi doen. Die standbeelde is shrines en mense buig voor die beelde met groot respek. Entrance to a tomb. Vasgevang in die detail. Fyn houtsnee werk en ook die kontras van ‘n bejaarde man in diep meditasie regoor ‘n jong man wat speletjies op sy foon speel. Kyk die mooi teëlwerk op die vloer! Klippies en sement ~ kuns ‘n klip mosaïek. Die detail op die mure… dis onmoontlik om dit vas te lê!


Hier is ook ‘n museum en ons loop rustig daar deur.

Dis dae soos vandag wat ek Gerhard se algemene kennis geniet. Hy vertel stories, delf diep in die geskiedenis en help my om sin te maak van alles.


Ons haal die metro na die volgende stasie en stop vir ‘n Westerse ervaring.

Ek kies ‘n masala chai tee met ‘n cinnamon bun, Gerhard drink ‘n sterk cappucino met ‘n croissant. Kyk hoe aanloklik en iemand maak voorsiening vir die Westerse smake


Ek leer vinnig hoe die metro werk en ek wil ook darem my leermeester beïndruk. Dit neem nie lank voordat ek doelgerig en ferm stelling inneem by die deure nie.  Ma moet bietjie rustig raak sê hy in ‘n kalm stemtoon. En lees bietjie wat hier op die grond staan…


Ek gaan myself hieraan herhinner dink ek. Courtesy en modesty brings harmony.

Guangdong Folk Arts Museum

Ek hoop Nataniël sal sê ek maak ‘n mooi prentjie… Ek kan my verkyk aan die detail op die dak. Ek wonder stilweg hoeveel mense het daaraan gewerk en hoe lank het dit gevat?
‘n Wit olifant. Het ons almal nie maar een nie?


Detail. Hoe verwoord ek mooi?

Hy verf met sy handpalms, vingers en naels.


Beeldskone ou geboue. Dit is vir my net verskriklik mooi!
Die skeefste muur wat ek nog ooit in my lewe gesien het… En daarom maak hierdie kennisgewing so mooi sin!
Balans en rusigheid.


Houtsnee en erdewerk wat my asem wegslaan. Fyn uitgekerf en dit lyk asof mens dit kon ronddra. Amper soos ‘n shrine. Hierdie patrone is uit klip gekap.


Hierdie werk se naam is “Song of the Phoenix” en Gerhard het my laat staan sodat ons ‘n idee van die skaal kan weergee. Dis mooi en dit laat my verlang na kalligrafie.


Ek verbeel my dat ek hulle kan hoor filosofeer en wyshede kwytraak. Hulle lyk gesofistikeerd.


Ons begin daaraan dink om huiswaarts te draai maar ons sien ‘n kennisgewing oor die Peasant’s Movement Institute en besluit op die ingewing van die oomblik om van die metro af te klim om te gaan kyk.

Die toegang is gratis.

Peasant’s Movement Institute

Al die inligting is in Chinees en dis baie moeilik om te verstaan presies wat hulle sê. Ons lei wel af dat ongeveer 800 mense van die werkersklas hier opgelei is, ingewoon het en later in die samelewing ontplooi is. Ons herken die gesigte van sommige van die leiers in die verlede. Who needs Google as Gerhard by jou is?

Die poletiek gaan by my verby en ek fokus op die mooi.

Ek het vandag ook behoorlik kennis gemaak met die Chinese toilette. Dit is gewoon ‘n gat in die grond en nogal ‘n beproewing.

Ons het weer lekker gelag toe ek vir Gerhard sê mik en druk kry vir my nuwe betekenis en hy antwoord so ook plofgeluid.

Ek hou van hierdie foto van myself want ek onthou presies hoe ek vandag gevoel het. Vry, gemaklik en besig om iets te doen wat my vol laat voel.

Fitbit sê ons het vandag 12.9 km geloop.

 

1 thought on “it is all in the detail”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.