21 Maart 2018
nee, sê ek. So dit is steeds 21 Maart en ons loop verder (met ‘n bietjie hulp van die metro).
Sun Yat~sen Memorial Hall
This auditorium used to be the presedential palace. It is the capstone of all the memorial halls in the world which are built to commemorate Dr. Sun Yat~sen. The construction was completed 22 March 1928.
As ons môre gekom het was dit presies 90 jaar na die inhuldiging.

Die voorkant van die auditorium.

Dit is weereens die detail wat my asem wegslaan

Om die hoek…
Dit is baie interessant dat toegang tot meeste van hierdie besienswaardighede heeltemal gratis is. Ons betaal elkeen 10 Yuan om die binnekant te sien.

Ons staan hier op die verhoog

Kyk die detail!

Heel bo, die spits dak.

Die gedenkplaat op die verhoog
Ek sal hierdie oomblik vir altyd onthou, want ek het nie aan politieke toesprake gedink terwyl ek hier gestaan het nie. Ek het vir ‘n oomblik heeltemal vergeet waarom hierdie ouditorium gebou was.
Hier staan ek… en ek hoor Beethoven se negende simfonie in my kop. Hier staan ek… ‘n spikkel in die heelal en ek verloor die werklikheid rondom my om die musiek in my hart te hoor.

Music is liquid architecture; Architecture is frozen music. ~ Johann Wolfgang von Goethe