24 June 2015

Daar is insidente in mens se lewe wat jou onherroeplik verander. Ek het hardop met die Here begin praat iewers in 1999, Sy stem het my deur die donkerste van donker tye getrek.
Here,
Dankie dat u my ten spyte van alles nie vergeet het nie.
As ek dan alles moet verloor om weer (of miskien vir die eerste keer),
Waarlik kind van God te word,
Laat dit dan so wees.
Ek is moeg probeer Here,
Ek is te swak om verder te dink.
Laat U wil geskied!
Ek smeek U Vader, wil U die Heilige Gees in my laat woon.
Ek smag na kalmte en vrede
In my onstuimige gemoed.
My menslike wil het al die moontlikhede bedink
En steeds is daar geen stap vorentoe nie.
Vader, ek is moeg gebeur, my arms is lam.
Laat U wil tog geskied in my lewe!
Vader ek lê vanaand vir Liza voor U voete,
Ek wil haar kruisig Vader.
Ek wil sterf en nuut gebore word.
Vader wil U my Elizabeth maak.
Huis van God.
Sal U my aansien en weer aan my hoop gee?
Sal U die liefde en verlange wegneem?
U genade is vir my genoeg!
Een dag op ‘n keer!
28 Januarie 2000
Bewaar asseblief my kinders en ook my gees en siel in die holte van U hand.
Druk my teen U bors Here en beveilig my teen die bose.
U wil geskied in my lewe, Here!
23 Maart 2000
die Here het ‘n plan met my lewe,
dit weet ek.
maar ek verstaan nie.
Hy sal my wonde genees,
maar wanneer weet ek nie.
Hy sal vir my krag en ‘n nuwe lewe gee,
my hele wese verlang daarna.
Here ek smeek U, gee my asseblief die gawe van vergifnis
en bly by my Here
want ek is alleen.
13 Junie 2000
Dit is te pynlik om asem te haal.
Om my hart te hoor klop.
Tot die droesem leeggedrink.
My organe (hart, longe en niere)
het geen beskerming nie.
Dit hang iewers buite.
My Here en my God!
Ek verbly my in U, O God.
Dankie dat U hierdie pyn in my lewe toegelaat het.
Dankie dat U my die krag gee om steeds te bly asemhaal.
Dankie dat ek leeg kan bloei van eie begeertes, ideale, gedagtes,wense en beplanning.
Dankie dat U my deurentyd lei om U Woord te drink.
Dankie vir hierdie intense begeerte na gemeenskap met U, O God!
Dankie vir U vrede wat alle verstand te bowe gaan.
U is getrou en regverdig.
U sal my nooit verlaat nie,
Bewaar ons asseblief!
Charlotte skryf vir my ‘n gebed, in my joernaal. Sy is 11 jaar oud.

6 Julie 2000
Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok.
Op hoë plekke laat Hy my staan.
Verlig U my pad.
Wys my voete waar om te loop,
En hou U my vas, my Here!
16 Julie 2000
U genade is vir my genoeg!
Ek het twee voete, ek kan loop.
Ek het twee hande, ek kan werk.
Ek het twee oë, ek kan sien.
Here, ek het genoeg!
6 November 2000
Ag Here hoe lank nog?
Ek lê voor U en smeek vir genade.
U weet hoe moeilik my lewe was tot nou toe.
U weet waardeur ek moes gaan die afgelope jaar.
As daar nog onbelyde sondes is dan smeek ek U om dit aan my te openbaar.
Ek weet dat U ‘n plan het met my lewe.
Hou my vas Here en help my om daar uit te kom.
Dit help nie daar bly niks oor nie, dan kon U my liewer laat sterf het.
Wil U my asseblief van hulp wees?
Kom my tegemoet.
Ek kan nie meer nie!
Ek bely dat ek false fronte voorhou.
Ek glimlag na buite maar ek is flenters hier binne waar net U kan sien.
Help my asseblief Here
6 November 2000
Ag Here hoe lank nog?
Ek lê voor U en smeek vir genade.
U weet hoe moeilik my lewe was tot nou toe.
U weet waardeur ek moes gaan die afgelope jaar.
As daar nog onbelyde sondes is dan smeek ek U om dit aan my te openbaar.
Ek weet dat U ‘n plan het met my lewe.
Hou my vas Here en help my om daar uit te kom.
Dit help nie daar bly niks oor nie, dan kon U my liewer laat sterf het.
Wil U my asseblief van hulp wees?
Kom my tegemoet.
Ek kan nie meer nie!
Ek bely dat ek false fronte voorhou.
Ek glimlag na buite maar ek is flenters hier binne waar net U kan sien.
Help my asseblief Here!

ek staan op ‘n kas, maar my kop is in die wolke besig om te soek na sonskyn
ek kyk in ‘n handspieël,en my hare hang vorentoe, binne die spieël dryf wolkies en ek soek sonskyn (14/07/2005)
21 September 2000
“ek reis deesdae al meer na binne toe, ‘n kamer in my kop”
Alles kan gevat word, alles kan my ontneem word.
Ek sal staan!
Daar is goed waaraan niemand kan raak nie.
Ek glo in my God.
en my kinders.
18 September 2001
Ek is doodmoeg. Werk hard, ry ver.
Ek kom nie by bid uit nie.
As ek wil Bybel lees is ek te moeg.
Ek het U nie vergeet nie, U is altyd hier by my.
Bly asseblief hier by my,
Skeep my nie af nie Vader,
Sonder U is ek verlore.
Onthou my deur U groot genade,
Dit maak my bly.
Jy is ‘n klein dogtertjie wat met jou hande inmekaar kyk na die wêreld. Vol onsekerheid en twyfel. Dit verander in ‘n volwaardige vrou met geloofsvertroue wat staan op die beloftes van God. (14/07/2005)
Maar iewers tussen 2001 en 2008 het ek my eie battle begin fight. Dit het nie goed uitgedraai nie. Vir twee volle jare was ek stuck. Vasgedraai. Uit planne en strategieë. My vermoëns was uitgebrand. Die reserwe tenks dolleeg. Iewers in daardie woestyntyd het ek Sy stem weer duidelik begin hoor.

Jesus’ friendly face smiling at me, taking me by the nape of my neck, “you think you are blessed now, you have no idea what is coming!” (23/07/2010)
4 Oktober 2010
Die tyd loop net aan. Ek het die afgelope paar dae deur moeilike tyd gegaan. Emosioneel maar ook fisies. Ek praat nie eers van ‘mental ‘ nie. Ek dink ek sal vir ewig die hardste gevegte in my kop hê…
Net die Here kan my help. Ek glo in Hom.
Die besluit is in die kop geneem, die rustigheid is in my hart, nou wag ek net vir die perfekte tyd.
Dit voel asof die vlot aanmekaar gesit is en die belangrikste mense in my lewe is op die vlot. Ek het reeds die bekende land gelos (maar ek sien dit steeds!). Ek weet vir ‘n feit dat ek nie teruggaan nie.
Sekerheid.
Maar ek wag vir daardie golf, ek hoor hom, ek is gereed. Asseblief Here, bring die golf sodat ek die stroom kan vat. Help my om hier uit te kom!
My aandag dwaal af, my knieë bewe, ek is desperaat.
Maar ek sit Here. Op hierdie vlot sit ek en ek kyk uit vir U.
Want net U kan my help.
En as dit so moet wees dat ek meer moet glo, help my Here om meer as ooit te glo.
Vee my trane af Here, of vang hulle op in U spesiale fles.
Maar help my Here, soos U in die Ou Testament U kinders gehelp het.
Wis die menigtes uit sodat ons kan loop.
Ek sal my oë nie van U afhaal nie.
Ek roep na U met my hele hart.
Kom Here Jesus, kom gou!
25 Augustus 2010
Ag Vader help my om aan die negatiewe nie eers te dink nie.
Laat my konsentreer op vandag.
Hier en nou.
31 Augustus 2010
Wat kan ek sê?
Dit voel hierdie week amper asof ek bietjie sukkel.
Ek moet nie moed verloor nie,
Nie my fokus skuif nie.
Ten spyte hiervan…
Dankie Here dat U my liefhet.
My altyd aanvaar net soos ek is.
Dat U my seën.
Ek sal U loof met my lewe.
My hande sal kreatief wees.
Ek is gelukkig!
11 September 2010
Vier dae.
Die verskil tussen weet en nie weet nie.
Charlotte se nierfunksie is erg af.
Al wat ek wil doen is om eerlik langs haar te staan sonder om ‘n front voor te hou.
Om saam met haar te lag. Te huil. Net te wees.
Vandag. Hier en nou. Glo in God. Hoop.
Dit is wat ek kan doen. Pleit by my Vader vir my kind. Vir haar lewe. EK GLO!
22 Junie 2010
Ek wil in waarheid lewe.
My authentic self.
Free, uninhibited
Creative, voluit.
21 Julie 2010
My hart is in my oë
Ek voel die emosies
Ek hoor en ek praat
Maar
Ek het nog nie begin dink nie.
Ek het nog nie begin sorteer nie.
Ek weet nog nie.
You are very humble, you are walking in humility (08/08/2012)
Ek sit in ‘n teepee, dit is heeltemal te klein. Joy! Ek breek heeltemal uit! Joy! (17/08/2010)

10 Augustus 2010
Ek haal die juk nou af.
Ek glo met alles wat ek het.
Ek is losgekoop.
Lig en vry.
U dink elke dag aan my!
Hoe groot is U regtig?
Dankie vir my lewe.
Vir oorbegin, ‘n plan.
U rig my tree, dag vir dag.
‘n Nuwe lewe wag!
2 Januarie 2011
Grateful for my journey!
Grateful for the seed in me.
Grateful to be a oak, with a shade, with people in my shade.
Grateful for grace.
Grateful for peace.
Grateful for acceptance.
Grateful for joy.
Grateful for hope
Grateful to know, to love, to have experienced God.
Grateful to be in God,
To have God in me.
29 Jan 2011
Hier waar ek vandag sit het ek net geloof.
Blind.
14 Maart 2011
Here, asseblief my Skepper, Vader.
Hou my veilig!
Hou my naby aan U.
Dan alleen is ek geborge.
Veilig.
In takt.
20 April 2011
Wat ‘n lomp tyd.
Vier treë vorentoe en ses treë terug.
Hoe stel mens die lewe se allignment?
Roep maar net weer uit Here! Here!
Woordloos.
18 Julie 2011
The worst part is to start.
Have courage.
Walk out.
State your case.
Breathe and start.
The rest will follow.
You have a gentle soul. Very kind. The Lord loves you very much and you are close to His heart. (13/09/2011)
19 Julie 2011
Dis hoe ek weet dat daar \’n lewende God is.
Hy bepaal my weë.
Hy weet van my en Hy gee om.
Hy sal my nie vergeet nie.
Dit is hoop.
Dit is lewe.
4 Augustus 2011
Lord, I give up!
8 Augustus 2011
Lightbulb moments.
Ek het niemand om te blame nie
Stop die introspeksie.
Ek het vandag. Hierdie oomblik.
Just wait on the Lord.
Be still and know that He is God.

There were many hurts. Many. And one after another. Great loss and great suffering. God is busy with your restoration, and when God completes it, you will overflow by the Holy Spirit and you will be used greatly. (08/08/2012)
16 Augustus 2011
Guide me Great Jehovah!
Empty me completely.
Fill me completely.
In You I trust.
In You I hope.
In You I rejoice.
You are my desperation.
You are my desert.
You are my destination.
You are, therefore I am.
You create, therefore I am creation.
You give me joy.
You give me song.
O God how great thou art!
11 Februarie 2012
I can never be the same again.
I can never return.
I closed the door.
Words fall out of our mouths and die on the ground.
21 Mei 2012
‘n Nuwe hoofstuk.
Ek is released.
Genade.
Dit is hoe dit voel as Hy jou bless.
Hoe groot is U?
U skuif berge en gooi rotse in die see.
Net hier sal ek skuil.
My veilige hawe.
Ewige God.
Vandag skryf ek die reël van ‘n nuwe lewe.
Released.
Vrede.
Rus.
Dankie Here!
Dankie!
26 Junie 2012
Ek herken die vae buitelyne van kommer. Hoe dit van buite af stadig nader kruip. Ek hou nie van die gevoel nie. Van die idee van magteloosheid nie. Ek roep U aan Vader dat ek van U af die versterking sal kry om my territory te enlarge.
Dat U die magsengele sal stuur om wag te hou op my mure, op die hoeke van my lewe.
Dat U lig sal stuur om die skadu’s terug te stoot.
Dat U keerwalle sal vorm om die water buite te hou.
Self Vader is ek niks.
Deur U is ek tot alles in staat.
My oorwinning lê in U
5 April 2012
Ek is só bly ek is hier.
Om in purpose te staan.
God binne en rondom my te ervaar.
Sonder skuldgevoel.
Sonder stress.
Binne Sy genade, oorvloed en blessing.
My dankbare hart sing!
Dat U my vasgehou en uitgelei het.
Dat Egipte agter my lê.
Ek staan by die poorte van die beloofde land.
Ek hardloop vorentoe.
My Verlosser leef!
Ek is grateful vanaand. Vir elke vreemdeling wat sku of bold vir my woorde gegee het.
Iets waaraan ek kon vashou.
Selfs toe niks rondom my enige sin gemaak het nie.
Selfs toé…het Hy my deurgetrek!
You are like egg yolk, spilling out. Spirit is taking over body and soul. (08/08/2012)

20 Junie 2012
Grateful.
Ek luister na come what may en ek is sewe jaar oud.
Alleen, nêrens om heen te gaan nie.
Ek besef vandag hoe naby die Here nog altyd aan my was. Hoe Hy my beskerm het sonder dat ek dit geweet het. Hy het my die hele tyd deur musiek bedien, vasgehou en gevoed. Hy het Sy Engele rondom my gesit soos net Hy kan. Onverdiend. Genadig. Soos een wat Hy baie liefhet.
Ja, ek is mosaiek. Vol gebreekte stukkies van gebeure, maar hoe wonderlik vasgegom deur Sy liefde en genade. Voor my het baie gekom, na my sal daar baie wees. Maar hierdie stukkie wat ek gekry het is kosbaar. Genoeg.
Al die tyd wat ek nou oorhet is genade. Ekstra tyd. Wat ek só kan geniet. Gebruik.
Psalm 27:4
“Net een ding het ek van die Here gevra en dit sal ek najaag: dat ek my hele lewe lank in Sy huis mag woon om Sy goedheid te belewe en daaroor na te dink in Sy tempel.”
Ek weet dat ek way back in 2000 hiervoor gevra het. En die Here het my gebed verhoor. Ek staan oop en alleen voor Hom. In Sy huis, my veilige vesting.
Nou wil ek net hier woon, my hele lewe lank.
Om Sy goedheid te belewe. Om daaroor na te dink in Sy tempel.