19 Maart 2018
Ons gaan vandag na die Great Buddha Monastery toe. Met ons aankoms kan ons die chanting hoor.

Great Buddha Monastery known as the Xinzang Monastery during the Yuan Dynasty (1271 ~ 1368)

Incense burning. Dit ruik verskriklik lekker.

Offerings. Dit is vreemd en interessant om te sien wat mense offer. Die blomme word by ‘n stalletjie voor die tempel verkoop.


Three Buddha statues made of yellow copper, each 6 metres tall and 10 tons in weight, are enshrined in the centre of this hall.
Random beauty…

Gerhard sê hy dink skielik aan Daniël en sy drie vriende. Ons praat oor geloof, toewyding en eindig by ons Almagtige God.
Ek was vandag hier.

Ek het op die trappies gesit en dink dat ek dankbaarheid saam met my wil vat. En ek het onthou dat ons gebede voor Hom opgaan soos lieflike wierook.

n.s.
Ons het sop~pap~water~nat gereën vandag. Ek het gesê dis ‘n monsoon maar Gerhard sê ek oordryf.
Kyk maar na my hare en maskara en besluit self wie is reg.
10 km op my fitbit.

3 thoughts on “incense and offerings”
Ongelooflik interessant. Baie dankie
Liza, ek is so bly as iemand anders ook verstaan dat ons ons God oral saam met ons neem, en dat Hy nie gaan wegkruip in die teenwoordigheid van ander gode nie.
Vir my word Hy groter en nog meer real. En ek is baie bewus van die feit dat Hy 100% toeganklik is. Altyd. Oral.
Jy is ‘n kindred spirit, ek waardeer jou.