9 Oktober 2019
it is such a grand thing
to be a mother of a mother
that’s why the world calls her
a grandmother

jou pa en ma het my lankal laat weet
en ek moes jou snoesig
welig
in my hart laat groei
ek het die dae getel
wat later weke
en nou maande
geword
het
hoe kan my hart jou langer omsluit?


jy kon beswaarlik ‘n beter tyd kies
om jouself
te
kom
inwurm
mens het altyd sterre nodig
as die nag so donker skyn
so, ek noem jou my
ligstraaltjie

ek dink elke dag aan jou
en wonder oor jou
jy gaan so bederf word
ek is klaar versot op jou!
ons die Boere-Kanadese wonderwerkie!

kyk na hierdie fotos…
en jy sal sien
al wat kort is jy!
6 thoughts on “hallo ma, ons is nou drie”
Veels geluk, ouma! Dis regtig die allermooiste goedjies wat julle versamel het!
Dankie Frannie, dis só ‘n lekker vooruitsig!
Jy word ouma! Ag Liza, wat ń wonderwêreld lê vir jou voor. Die versameling kleertjies is pragtig.
Daar gaan sommer ‘n nuwe wêreld oop. Ek sien baie uit!
Aaaawh baie geluk en welkom tot oumaskap. Dis n hele nuwe wonderwereld..
Dankie! Ek is in ‘n nuwe plek vol happiness!