11 November 2015
eu·lo·gy
a speech or piece of writing that praises someone or something highly, typically someone who has just died

Mense sê die mooiste goed
wanneer dit te laat is.
Hoe sal ek weet hoe julle
regtig oor my voel
as julle dit sê oor bosse blomme
en ‘n swygende graf.
Sê my liewer nou
sodat my ore kan oopvou
dat ek behoorlik hoor.
Gee vir my die joy
van liefde
dat ons saam kan lag
oor elke harde woord
en simpel gewoonte.
Sê vir my nou
dat my gesnork jou pla
of dat ek die lekkerste
rooi hoender maak.
Sê my nou
dat ek gou moet oorry
want jy mis my te veel.
Sê my nou.
Ja dis eintlik al wat ek regtig wil hoor.
Sê my gou
Ma is regtig, (maar rêrig nou)
die heél beste ma ooit!