die engel

8 Julie 2019

haai jy daar, sê sy vir my
hoe gaan dit vandag met jou?

dis eers toe ek opkyk dat ek sien dis ‘n engel
ek loop tot teenaan haar hart
en praat en praat en praat

toemaar, sê sy
ek voel ook soms maar so
ek het juis gister gewonder wat die sin van die lewe is
meer spesifiek my lewe, maar noudat jy bietjie met my praat
onthou ek weer dat ek eintlik net daar wil wees vir ander


ek vee die nattigheid van my wange af
en kyk haar só

ek wens ek het ‘n plan gehad vir jou, sê sy
of raad
en soms voel die Here vir my vêr…
al bid ek elke keer
wanneer ek ietsie van julle sien


vir my ook… klop my hart
alles voel só verskriklik vêr…

hou net moed, sê sy
ek weet jy doen die beste wat jy kan
en dis genoeg!


dis eers toe ek afkyk
dat ek sien ek is ook eintlik ‘n engel
nie omdat ek dit weet nie
maar omdat iemand dit eens op ‘n tyd
vir my gesê het

2 thoughts on “die engel”

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Share on social

South Africa’s Protection of Personal Information Act (POPIA) & Cookie Consent

We will not sell, share, or rent your Personal Information to any third party or use your email address for unsolicited mail. Any emails sent by us will only be in connection with the provision of our services and/or the marketing thereof. We use cookies on our website to give you the most relevant experience by remembering your preferences and repeat visits. By continuing in the website you accept the use of cookies.