18 Maart 2018
bonding with my daughter~in~law
ons is hier uit met hoop in ons harte
sy het gehoor
die african market
cater vir reuse
so ons gaan vir skoene kyk
groter as ‘n nommer drie
en miskien as ons gelukkig is
‘n rokkie
of
‘n
bloes
wat oor ons wye harte
pas
wel dit het toe nie só
uitgewerk
nie
maar ons is daar weg
met ‘n franse
wit
brood
onder die arm
en
net toe ons
huiswaarts wil keer
word ons
voorgekeer
en gevra
of ons onderhoude
sal toestaan
vir ‘n dokumentêre
program
oor
china
wie sê nou nee
vir ‘n
italian
stallion?
kyk hoe mooi is sy en haar winkel
ek is die reus agter boto
die winkel is naby hulle huis
en sy dink elke keer aan my as sy daar verbyloop sê sy
dit is toe só
elke kledingstuk in die winkel hoort in my kas
handgemaakte klere
sagte
vloeiende
lap
ek weet ek mag nie begeer nie
maar wragtag
die winkel behoort aan boto
en sy verwelkom ons
asof sy haar hele lewe lank vir ons wag
sy probeer nie eers iets aan ons verkoop nie
sy wys ons haar sketse
op dun ryspapier
vertel ons dat sy haar doktorale studies gaan voltooi in hong kong
vra ons wat ons name is
sê vir whitney, you are very intellegent
and you, sê sy vir my
you are a thinker
you think long and hard
before you make
any decision
in any case
i care about the heart
and that is what i study
healing the heart
ek stap by haar winkel uit en ek voel volkome vrede
my oë
en
hart
is propvol
al het ek niks gekoop nie
die fitbit tel net 7 km vir vandag, maar ek het afstande afgelê met woorde en ek voel ek ken hierdie beautiful vrou van gerhard sommer baie, baie beter
2 thoughts on “boto and the italian stallion”
Die verhouding tussen skoonma en skoondogter kan een van die mooiste verhoudings denkbaar wees. Mens is geseend as jy dit mag beleef.
Dis waar Frannie, mens moet net die moeite doen om die persoon behoorlik te leer ken. En besef jóu manier is nie noodwendig díe manier nie. Sy maak patats op die Kanadese manier en toe dit my kookbeurt was het ek dit op die Boere manier gedoen.
Ons eet lekker hier in China!